Terme & Voorwaardes

Top

ALGEMENE TERME EN VOORWAARDES


Geagte voornemende Gas

Hierdie algemene terme en voorwaardes word toegepas op alle safaris, onafhanklike reise en verhandelinge direk ondeneem met Southern Skies - Personal Safari Hosts, of indirek deur Bestemming Namibië. Ons het probeer om dit so eenvoudig as moontlik te hou, dog om al die aspekte van u onderhandelinge met ons te dek. Al ons safaris word met uiterse sorg professioneel beplan en uitgevoer - met u veiligheid, gerief en persoonlike voorkeure in gedagte.  Al diegene wat vooraf gegaan het sal instaan vir hul uitstekende waarde vir geld ontvang van Southern Skies.

Direkte besprekings by ons, deur gebruik te maak van die Internet, waarborg vier bepaalde
voordele:

  •     Vinnig en effektiewe persoonlike reaksie op u navraag - gewoonlik binne 24 uur

  •     Die algehele kommunikasie-/onderhandelingsproses vind plaas deur Internet & e-pos

  •     U handel en kommunikeer met EEN persoon, wie u hele toer sal reël

  •     Betalings is sonder moeite en maklik uitvoerbaar deur óf elektroniese geld oorplasings,
        óf direkte inbetalings deur u bank of Internet bankstelsel. (Met ontsluitbare inligting
        beskikbaar aan beide die betaler en die ontvanger).

Ons eerbiedig streng die reëls & regulasies van die Hospitality Association of Namibia. (HAN)Nogtans, verlang of bespreek ons NIE betaling van enige aard totdat onderhandelinge afgehandel is en u, die gas, nie 100% tevrede is met die voorgestelde reisplan en kwotasie van die toer wat u versoek het nie. Slegs nadat 'n geskrewe Reisplan Kontrolestaat deur u aanvaar en geteken is, sal die reëls & regulasies van HAN toegepas word.

Hierdie getekende Reisplan Kontrolestaat magtig Southern Skies om die besprekingsproses by al die blyplekke wat in u aanvaarde reisplan ingesluit is, te begin. U sal deurentyd ingelig bly van die vordering todat alle geskrewe bevestigings van die akkommodasie instansies ontvang is. 30 (Dertig) dae voor die vertrek van u onafhanklike toer, moet 100% van die gekwoteerde en aanvaarde toerprys aan Southern Skies betaal word, om ons in staat te stel om u bevestigde besprekings te waarborg of vas te maak. (Die HAN Wette & Regulasies beskerm die akkommodasie instansies deur hulle toe te laat om enige bevestigde besprekings waarvoor die 100% betalings nie op die verskuldigde datum betaal is nie, te kanselleer en aan 'n volgende aansoeker, of naam op hul waglys toe te ken).

EEN UITSONDERING!!     Waar blyplekke van die Namibia Wildlife Resorts (NWR: Semi-Staats)
                                  ingesluit is in 'n reisplan, moet hierdie gedeelte van die verblyfkoste saam met die
Reisplan Kontrolestaat oorgeplaas word. Die rede is dat hierdie plekke om een of ander rede nie gebind is deur HAN regulasies nie, en hulle verlang VOLLE BETALING binne 48 uur na aansoek en bevestiging van 'n bespreking. Waar sulke plekke in 'n reisplan ingesluit is, sal dit pertinent op die toepaslike Reisplan Kontrolestaat gemeld word, en die betrokke bedrag vir elke individuele reisplan duidelik aangetoon word.

Ons nooi u nou vriendelik uit om 'n paar dae se heerlike sonskyn saam met ons te deel, hier in Namibië.

U vriendelike Southern Skies span


                                                 Bopunt van bladsy