Bestemming Namibië - selekteerproses, stap 1
| KEUSEVERLOOP, STAP 1 | 
|
| C | EENVOUDIGE PROSEDURE: 1. Gebruik die kaart hieronder om te besluit oor 'n area/areas wat u graag wil besoek. (MOENIE probeer om die hele land in 10 - 14 dae "te sien" nie, dit is net eenvoudig nie moontlik op 'n kamptoer nie). 2. Kies eerder dié areas/plekke van belang wat u óf nie op 'n vorige besoek gesien het nie, óf wat u die graagste wil sien op u eerste reis. (Hou in gedagte hoeveel dae u beskikbaar het, die tyd benodig om kamp op te slaan en af te breek, plus daaglikse afstande). 3. Beplan 'n rowwe reisplan binne hierdie verkose areas, en vergelyk dan watter gedeeltes van die kaart oor- eenstem met dié areas. Kliek op elke betrokke gedeelte, in volgorde, om inligting te bekom oor watter kampfasiliteite beskikbaar is in elke gedeelte. 4. Maak dan notas (met pen en papier) van die genommerde kampplekke wat u interesseer, asook hoeveel nagte u wil deurbring by elke kampplek. 5. Wanneer u 'n lys het van al die nommers wat u interesseer, plus die aantal nagte by elk, kliek op die ge- paste skakel onderaan hierdie bladsy, wat u na STAP 2 sal neem. Geniet uself, met pret en plesier - WELKOM IN NAMIBIË! | C |

Is u klaar met u lys van KAMPPLEK keuses? Dan kan u voortgaan |
|