Hoe dikwels het u
beplan om Namibië te besoek, of gedink daaraan om 'n besoek te
beplan,
maar het eenvoudig nie geweet waar om te begin, wie om te kontak of hoe
om die nodige
reëlings en vooruitbesprekings te doen nie?
Waar sal u bly en wat sal dit kos?
Vir families, of dalk 'n klein groepie families wat saam wil reis en kampeerinNamibië . . .
. . . HIER IS DIE ANTWOORD!
Die enigste vorm van vakansiereis vandag wat nog relatief bekostigbaar is -
'n onafhanklike
reisplan op 'n selfversorgende, kampeerbasis.
Die enigste probleem is dat dit nou 'n
"buiteland"
is wat u dalk nie so goed ken nie, en steeds nie weet waar om te begin nie - TOT
NOU!
Southern Skies -
Personal Safari Hosts, deur middel van Bestemming Namibië, bied
nou die
oplossing!
Sonder enige
verpligting van watter aard ookal, kan u nou inligting ten opsigte van
beskikbare kampplekkeinNamibië verkry, wat die beraamde kampeerkoste per groep sal
wees, en
dan
u bekende uitgawes - soos kampetes, brandstof & sakgeld self bytel -
in
3 maklike stappe.
GOED OM TE WEET
- Alhoewel hierdie werf opgestel en ontwerp was vir kampeerbesoeke
aan Namibië - en die kosteberekening dus suiwer vir kampering is -
hou asseblief in gedagte dat dit gebruik kan word vir akkommodasie van
ENIGE tipe, of as 'n samestelling van verskillende fasiliteitstyle. Die enigste verskil is dan dat die
kosteberekening nie meer outomaties kan geskied, soos in die geval van
kampeer alleen nie. Kies eenvoudig die plekke op u beplande
reisplan, en gebruik die KOMMENTAAR-veld op die finale vorm om
akkommodasie tipe wat u verkies by elke plek, aan te dui - ons sal dit
vandaar neem en reageer met 'n voorlopige, voorgestelde reisplan en
kwotasie vir u insae en oorweging.
Aangesien hierdie slegs
'n oefening is om die akkommodasiekoste vir u beplande reisplan te
beraam, het ons nie u naam óf e-pos adres nodig nie. Sodra u heeltemal
tevrede is met
u reis-
plan en die terreine wat u gekies het, voeg 10% SLEGS tot die
totale akkommodasiekoste
by, om sodoende 'n finale begrotingssyfer te bekom. (Hierdie is die bedrag wat ons
sal nodig
hê om die uitgawes soos telefoonoproepe, bankkoste, e-pos
korrespondensie sowel as brand-
stof aan ons kant te dek, sodat u 'n kommervrye besoek kan geniet met alle
akkommodasie-
besprekings en reëlings vooraf afgehandel).
LET WEL:
ALLE pryse wat deur die hele webwerf gelys is - insluitende die berekende kampplekke-kostes - is uitsluitlik SAOL (SADC)-lidland pryse, en is SLEGS
GELDIG tot 31 Oktober
2008.
Dit is so maklik soos
1, 2, 3!
Wil u dit graag probeer? Kliek dan
HIER om by
Stap
Een
te begin.